FISICHEM GR 11 KABV (AFR)

R180,00

Fisichem 11 (KABV) dek die hele sillabus in 13 hoofstukke. In hierdie hoofstukke spreek ons eers die basiese aspekte aan wat leerders moet bemeester. Waar van toepassing, word inhoude uit vroeëre grade hersien. Daar word van ‘n verskeidenheid vraagtipes gebruik gemaak om leerders se kennis, vaardighede en ander vermoëns te assesseer. Ons het probeer om die vrae op só ‘n wyse te orden dat hulle progressief meer uitdagend word. VOLLEDIGE ANTWOORDE word vir AL die vrae in die tweede helfte van die boek verskaf.

Neem asseblief kennis dat die hoofstukke in FISICHEM 11 in dieselfde volgorde gerangskik is as wat deur die CAPS dokument voorgeskryf word. Die Fisika-onderwerpe word dus nie saam in een afdeling van die boek gegroepeer nie en daarna al die Chemie-onderwerpe in ‘n ander afdeling nie (of omgekeerd).

Omdat sommige van die afdelings ook in die Matriekeindeksamen geëksamineer word, het ons hierdie hoofstukke duidelik gemerk en is dit ook baie belangrik dat leerders nie aan die einde van Gr. 11 hierdie boeke sal weggee of verkoop nie.

ISBN: 978-1-86863-143-8

Important:
Fisichem 11 (KABV) is an Afrikaans publication. The English equivalent is Physichem 11 (CAPS).

Grade

Grade 11

Language

Afrikaans