Fisichem Grd 10 (CAPS)
ISBN: 978-1-86863-141-4
Important:
Fisichem 10 (CAPS) is an Afrikaans publication. The English equivalent is Physichem 10 (CAPS).
Fisichem 10 (CAPS) dek die hele sillabus in 13 hoofstukke. In hierdie hoofstukke spreek ons eers die
basiese aspekte aan wat leerders moet bemeester. Waar van toepassing, word inhoude uit vroeëre grade
hersien. Daar word van 'n verskeidenheid vraagtipes gebruik gemaak om leerders se kennis, vaardighede
en ander vermoëns te assesseer. Ons het probeer om die vrae op só 'n wyse te orden dat hulle
progressief meer uitdagend word. VOLLEDIGE ANTWOORDE word vir AL die vrae in die tweede helfte
van die boek verskaf.
Neem asseblief kennis dat die hoofstukke FISICHEM 10 in dieselfde volgorde gerangskik is as wat deur die
CAPS dokument voorgeskryf word. Die Fisika-onderwerpe word dus NIE saam in een afdeling van die boek
gegroepeer nie en daarna al die Chemie-onderwerpe in 'n ander afdeling nie (of omgekeerd). In die eerste
hoofstuk word daar aandag gegee die Wiskunde-kennis en Wetenskapvaardighede wat leerders nodig het
om die res van die onderwerpe met vertroue aan te pak.
|